KABAAL ARRESTEER REINER FUELLMICH

Die bekende prokureur, dr. Reiner Fuellmich, stigter van die Internasionale Misdaadondersoekkomitee (ICIC), voorheen die Duitse Corona-kommissie, met die oog op ‘n 2e Neurenberg-verhoor, is verlede Donderdag, 12 Oktober, van Mexikostad na Duitsland gedeporteer om in hegtenis geneem te word vir sogenaamde finansiële onreëlmatighede by aankoms in Frankfurt, op Vrydag, 13 Oktober. Hy is dadelik in voorverhoor-aanhouding geplaas.

Reiner is wêreldwyd bekend en hoog op prys gestel vir sy uitstekende werk, die verdediging van slagoffers van regeringsgeïnduseerde COVID-misdade en ander misdade teen die mensdom, wat deur regerings en regeringsinstellings regoor die wêreld gepleeg word.

Die poging om hom stil te maak, het bitterlik misluk – en die einste Duitse regering, wat menseregte en vryheid van spraak minag en skuldig is aan leuens en die vals inligting deur die media versprei, het nou nog net een uitweg gehad en dit was om Reiner onwettig in hegtenis te neem.

In Mexiko moes Reiner met die Duitse ambassade konsulteer vir paspoortkwessies en is tot sy skokkende verbasing dadelik gearresteer en na Duitsland gevlieg – vergesel van twee wagte, geen persoonlike besittings, geen klere nie, nie eers 'n tandeborsel nie. Sy vrou word nie beskuldig nie en is toegelaat om in Mexiko te bly.

Van Frankfurt af sal dr Fuellmich uiteindelik volgende week na Göttingen oorgeplaas word, waar hy vir 'n onbepaalde tydperk in voorverhoor-aanhouding sal bly omdat hulle hom valslik daarvan beskuldig dat hy probeer ontsnap het.

Hy word valslik beskuldig vir finansiële bedrog, juis deur die mense wat self twyfelagtige kriminele rekords het en wat vermoedelik saam met hom gewerk het gedurende die 2+ jaar wat dr. Fuellmich die Duitse Corona-kommissie vanuit Berlyn bestuur het.

Dr. Reiner Fuellmich sal deur twee uitstekende prokureurs, dr. Dagmar Schön en dr. Katja Woermer, verdedig word. Hulle het onmiddellik teenbeskuldigings teen die roof-aanklaers ingedien.

Prokureur dr Dagmar Schön het Reiner se verhaal Sondagaand, 16 Oktober 2023, op BittelTV aangebied, waar 33 000 kykers en ondersteuners na sy saak geluister het.

Die Kabaal sal uiteindelik probeer om Reiner Fuellmich om die lewe te bring, wat nie moeilik sal wees noudat hy in hulle gevangenis is nie. Maar daar is ‘n regverdige God in beheer van alles en u word gevra om ernstig vir hierdie man en sy gesin te bid. Moontlik spaar die Here sy lewe en kan Fuellmich weer verder vir die waarheid veg wat tot ons almal se voordeel sal strek indien die sataniese Geldmag se poging om ons uit te wis, in die wiele gery word.