PALESTYNSE VOLKSMOORD

Meer as 8 000 Palestyne is die afgelope drie weke in Gasa dood.

Elke dag van hierdie gruwelike en steeds groeiende Israeliese aanslag sal ten minste 'n 1 000 meer vermoor word.

Skole en hospitale word geteiken. Die onuitgesproke dog doelbewuste doelwit is om Palestynse kinders dood te maak. Meer as 40% van die slagoffers is kinders. ‘n Verslag van die Palestynse Gesondheidsowerhede, berig dat minstens 3 360 kinders tot dusver vermoor is.

Moskees, kerke, woongebiede, bakkerye, kommunikasie-infrastruktuur word geteiken. Water, elektrisiteit en brandstof is na Gasa afgesny en meer as 200 000 wooneenhede is vernietig.

Honderde beleërde Palestyne, meestal kinders, skryf hul name op arms, bene, ingeval hulle die lewe in aanhoudende Israeliese bomaanvalle verloor wat op 7 Oktober begin het.

Ignoreer die afskuwelike oorlogsbevele van die Europese Unie en van Washington en bid dat hierdie volksmoord sal stop en dat die mense van Gasa genesingshulp en voeding sal ontvang .