WIE IS DIE INTELLEKTUELE PROSTITUTE?

Die afgelope paar jaar het ons deeglik kennis gemaak met die ergste vorm van leuens en die wêreldwye verspreiding daarvan. Die Wêreldgeldmag het met die satan, vader van die leuen, daarin geslaag om met nogal deursigtige leuens oor die korona-virus, die hele wêreldbevolking op hol te jaag. En hulle is nog nie klaar daarmee nie want die suksesse sover sal hulle noop om dit baie verder te neem. Hulle sataniese smagting na mag en geld kan net nie ophou nie maar hulle sukses hang hoofsaaklik af van ‘n paar ander instansies waarvan die media een van die grootste aandeelhouers is.

Ons praat dikwels oor die hoofstroommedia, die pers wat sekerlik die heel grootste aandeel aan die verwording van die wêreld het en van vroegste tye af dit gehad het. Sonder die media sou die Geldmag, die Kommunisme, die Evolusieleër en elke ander dwaling wat deur die satan aarde toe gebring is, geen kans op verspreiding van hierdie aard gehad het nie.

Die stand van die media is in 1914 deur John Swinton, toe hoofredakteur van die New York Times, in ‘n toespraak by die jaarlikse banket van die American Associated Press, so in die kol beskryf:

“Van ‘n onafhanklike pers kan daar geen sprake wees nie. Nie een enkele van julle waag dit om sy eerlike opinie uit te spreek nie. Ons is die instrumente van die rykes agter die skerms. Ons is marionette. Daardie manne trek aan die toutjies en ons dans. Ons tyd, ons talente, ons lewe en ons kragte is almal eiendom van daardie manne – ons is intellektuele prostitute.” Hy mag dink dit is 'n kompliment...

Wat beteken ‘Persvryheid’ vandag ? : ...vryheid om te verdraai, om te lieg, om feite te verberg, vryheid om te beswadder, om te skimp, inbreuk te maak op leed en privaatheid en vryheid om te verwar.”  Dit is die definisie wat  Prof Richard Weaver daaraan gee.

Dit het ons sowaar deur en deur beleef vanaf 2020 toe die virus-sage begin is!

Maar dit is ook duidelik dat sekere persmanne nie baie geneë is met hulle onderdanige posisie nie. Het hulle al ooit gedink watter mag in hulle hande lê om soos een man op te staan vir die waarheid! Natuurlik staan hulle ook onder die mag van geld en is bevrees om hulle werk te verloor, en natuurlik is daar nooit eenheid onder enige groot groep mense nie. So jammer dat hulle nooit eers sal besef dat hulle die mag gehad het om die hele wêreld se “Korona-krisis” te ontbloot vir wat dit werklik is nie, en dat daar geen pandemie sou wees as hulle vir die waarheid sou opstaan nie!

Wat noem John Swinton hulle, homself ingesluit, intellektuele prostitute?