COVID-“ENTSTOF” LEI TOT KANKER

Dr Gustav Norval

Ook vars in die navorsings-wêreld, is die bevinding rondom die sogenaamde p53 geen, ‘n geen wat in elke sel se DNS-molekules voorkom.  Die funksie daarvan is om die tempo van selverdeling te beheer.  ‘n Fout in die geen of besering daarvan soos deur sekere chemikalieë, virusse en bestraling kan die p53 so verander (muteer) dat dit sy funksie versteur en dan begin die selle onbeheersd verdeel sodat kanker ontstaan.  Daar is navorsing wat daarop dui dat COVID-entstof inmeng met die p53- geen en dit kan muteer sodat selverdeling buite beheer raak en daar dus ‘n moontlikheid bestaan dat dit kan lei tot kankervorming.  Navorsers skryf: “...we observe certain links that show there are ways cancer can have an easier path to establishing itself as a result of COVID-19 mRNA vaccination” en dat kankers in remissie weer opvlam na inenting.

Uit:
Google  P53 gene function

WWW: Yerevan Medical State Univ.: Mechanisms that could increase cancer vulnerability in COVID-19 mRNA vaccine recipients

Angues & Bustos: Navigating unchartered waters- could certain COVID-19 vaccines promote malignancies, e-pub, Sept 2022.