KIMERAS
Gustav Norval
“Wetenskaplikes is tans op ‘n gevaarlike ongekende biologiese terrein waar hulle soos kinders in ‘n landmynveld speel.”

Die term “kimera” (Engels “Chimera”) verwys na ou Griekse- en Egiptiese mitologiese figure wat deels mens en deels dier was, soos uitgebeeld in Egiptiese muurtekenings. Voorbeelde van kimeras is die sfinks (‘n leeu met ‘n menskop) en Sagittarius, ‘n perd met ‘n menslike bolyf.
Kimeras was in die nuus nadat Chinese wetenskaplikes van die Shanghai mediese skool menslike DNS d.m.v. ‘n naald in ‘n haas-eiersel onder ‘n mikroskoop ingespuit het:

Wetenskaplikes van Minnesota Mayo Kliniek het ‘n vark met menslike bloed gekweek, terwyl Stanford Universiteit in California muise met mensbreinweefsel gemaak het. Hulle verdedig hul navorsing deur te beweer dat hulle mensweefsel en stamselle in diere wil kweek wat as oorplantingsweefsel gebruik kan word om mense se lewens te red. Wetenskaplikes in Newcastle Universiteit in Engeland het wettige toestemming ontvang om mensgene in koei-embrios oor te plant om weefsel vir sekere breinsiektes in die transgenetiese embrios te kweek. Patentregte vir kimera-ontwikkeling was reeds in die begin van die eeu reeds aan Europese wetenskaplikes toegeken. Die Nature Joernaal no. 592 van 2021 het die volgende oor mens-aap kimeras gepubliseer:
https://youtu.be/TCu_f9MKyBg wys op die mens-vark embrios wat onlangs gekweek was. Daar bestaan bewyse dat mens-chimpanzee hibriedes bestaan: 
Wetenskaplikes is tans op ‘n gevaarlike ongekende biologiese terrein waar hulle soos kinders in ‘n landmynveld speel. Hulle wil egter verder gaan en hierdie transgenetiese embrios in mens- en dier-baarmoeders oorplant om verder te ontwikkel. Hulle hoop om eendag mense te genereer met gepaste dierlike eienskappe soos nagvisie en kieue vir onderwater asemhaling .
Vrese bestaan dat die mens tans poog om sy eie skeppingwerk te doen wat buite God se skeppingsorde val. Daarenteen is daar die gevaar dat mutante mense met dierlike eienskappe in die eksperimente kan ontstaan. Teoloë wat aanvanklik hierteen gekant was, se stemme het stil geraak en waarskynlik word hierdie tipe navorsing in die geheim verder gevoer om niemand aanstoot te gee nie. Verstommend!