TRUMP HET OORLEEF!

(Hierdie artikel is nie noodwendig die mening van die webtuiste nie maar bring mee pas gebeure inligting wat wereldwyd opspraak sal maak binne die volgende ure)

President Donald Trump se inhuldigingstoespraak was een van die bestes wat in baie jare gehoor is en Trump het homself vandag in alle opsigte oortref!

Dit was 'n oratoriese meesterstuk en die retoriek het mens aan president Abraham Lincoln herinner.

So 'n toespraak verg voorbereiding en dit was beslis die geval. So uit die vuis uit!

Soos die Amerikaners hoop die Afrikaner ook dat Amerika 'n pad van vrede en stabiliteit sal loop en ook die regering in hierdie land van ons tot orde sal roep.

Na alles die afgelope jare, veral die artikels van Mike King, is daar hoop dat die wêreld ten goede sal verander.

"God save America?" Mag die Here se wil en seën ook elke dag deur Trump vir Amerika en die ganse mensdom afgevra word in hulle werk en hulle wandel. Die hoop beskaam nie. Tyd sal leer...