"En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sê vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep."
Lukas 19:40
Die Fariseërs (die Joodse leiers en deur hulle ook die Joodse volk) van destyds het Jesus nie as die Messias erken nie en wou hê dat Jesus die dissipels bestraf omdat hulle aan Hom lof betuig het met sy intog in Jerusalem.
So het die Jode van daardie tyd volhard in hulle verwerping van Hom. En daarmee het hulle 'n oordeel oor hulleself gebring. Hulle was eenvoudig blind vir die geleentheid tot verlossing. Deur hulle eie skuld ("affected ignorance") is die weg tot redding vir hulle oë bedek. Angswekkende strafgerigte het oor die Jode gekom as gevolg van hulle verwerping van Jesus. Jerusalem is verwoes!
Vandag is daar steeds mense wat dink dat die Jode een of ander uitverkore volk is of 'n spesiale plek beklee. Dit is alleen waar vir die handjievol Jode wat in Hom glo. Jesus sê immers: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie!"
Jode wat die Judaïsme aanhang verwerp Jesus. So ook enige ander persoon buite Joodse afstam - waaronder Trump en van sy familie. Hulle doen dit met die grootste minagting. Die Jode doen dit reeds vir 2 000 jaar. Die aardse stad Jerusalem kan nie enigsins met die "nuwe" Jerusalem vergelyk word wat op alle gelowiges (insluitend Joodse gelowiges) wag nie.
Angswekkende strafgerigte wag op elkeen wat Jesus verwerp.
En as ons dit nie wil getuig nie, sal die klippe uitroep!