18 OKTOBER 2023

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoe bly ons staande te midde van soveel dwaalleringe in ons tyd wat niks anders is as 'n oorlog van Satan om ons siele nie? God gee vir ons die wapenrusting vir hierdie oorlog waarvan een van die ses in Efés 6 is: die swaard van die Gees – dit is die Woord van God, 'n swaard waarmee mens jouself kan verdedig deur kennis van die Bybel. Dit is al hoe ons die dwalings kan weerlê.