15 Maart 2023

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Geen mens kom weens sy goedheid in die hemel nie, slegs deur die bekering.  Dis al hoe jou naam in die boek van die lewe geskryf kan staan; geen ander manier nie.  Daarom is die oordeel van die teksvers hard en duidelik:  “En as dit bevind is dat iemand se naam nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp”. Wees wys en bekeer jou terwyl jy een baie belangrike ding aan jou kant het – tyd!