SLUIPMOORD OP CHARLIE KIRK

Charlie Kirk, 31, 'n noue bondgenoot van president Trump wat hom gehelp het om beduidende steun onder jong Amerikaners in verlede jaar se presidensiële verkiesing te kry, is gister in Orem, Utah, doodgeskiet terwyl hy 'n groot skare studente en toeskouers by die Utah Valley Universiteit toegespreek het. Kirk was mede-stigter van die konserwatiewe organisasie Turning Point USA in 2012.

Terselfdertyd is dit nodig om daarop te let dat heelwat meer as honderd joernaliste in Gaza vermoor is sedert die Israeliese inval begin het. Hierdie moorde is uitgevoer met finansiering van Amerikaanse belastingbetalers en met die stilswyende goedkeuring van die regse media in Amerika wat nou hulle woede uitspreek oor Kirk se sluipmoord.

Hy was ‘n gereelde aanbieder op die TBN-televisienetwerk. Charlie Kirk het hom nooit teen die Israeliese massa-skietery van mede-joernaliste in Palestina uitgespreek nie. Hy het wel een maal tydens ‘n uitsending gesê: “Daar was 'n volskaalse propagandaveldtog wat probeer het om dit te laat lyk asof Israel die mense van Gaza doelbewus uithonger.” — Videosegment van The Charlie Kirk Show (wyd geplaas in 2025).

Kirk was egter duidelik oor die vlugtelinge van Gaza:

“Nommer een, onder geen omstandighede gaan ons vlugtelinge van Gaza toelaat om die Verenigde State van Amerika binne te kom nie.” — The Charlie Kirk Show (podsending), 5 Februarie 2025 (episodesegment rondom 19:58).

Mens kan net hoop dat die verregse Amerikaners nie vir sy moord sal wraak neem nie. Die Kriptokrasie is lief vir geweld. Meer politieke moord, of dit nou links of regs is, dien sy bloeddorstige operasionele doelwitte.