MALEMA DRYF REWOLUSIE NA PUNT

MEDIAVERKLARING
TLU SA

Grondbesettings
TLU SA het met kommer kennis geneem van die feit dat ANC Jeugleier, Julius Malema, onmiddellik na sy herverkiesing as jeugleier, weer eens klimaat begin skep vir grondbesettings, en dat dit ook kan lei tot verdere aanvalle op boere.
Waar hierdie gebeure in die lig staan van die aanloop na die ANC se beleidskonferensie volgende jaar, is TLU SA diep bekommerd dat sodanige uitlatings inderdaad regeringsbeleid kan word, wat katastrofiese gevolge nie net vir die boere nie, maar vir die land as geheel sal hê.  Malema se uitsprake, die moontlike gevolge daarvan en TLU SA se verdere optrede in die verband, sal dringend bespreek word eerskomende Woensdag tydens ‘n Uitvoerende Komitee-vergadering van TLU SA.  ‘n Volledige mediaverklaring sal na afloop daarvan uitgereik word.

Land Invasions
TAU SA has with grave concern, taken note of the efforts of Julius Malema's, the recently re-elected President of the ANC youth leader, to create a climate conducive to land invasions and attacks on farmers.
Against the background of the ANCs policy conference scheduled for the end of next year, TAU SA is mindful of the fact that his utterances may well become policy which will not only have catastrophic consequences for farmers, but also for the country at large.
The utterances of Malema, the potential consequences thereof and TAU SAs further actions will be a matter for discussion during the meeting of the unions executive committee on Wednesday. A media statement will be issued after the meeting.