SWART NASIONALE DEMOKRATIESE REWOLUSIE WAG VIR DIE BLANKE
David Blood is een van die blanke Suid-Afrikaners wat begin ontwaak nadat hy 'n bietjie moeite gedoen het om te gaan nalees waarvoor die ANC staan en wat hulle wil bereik in Suid-Afrika. Maar dit bly tog ongelooflik dat so baie Blankes in hierdie land nie begrip toon vir die ware toestand van anargie wat vir die Witman wag nie. Sou dit wees omdat hulle nie die moeite doen om die Vryheidsmanifes en ander dokumentasie van die ANC te bestudeer nie, of is die waarheid dalk so verskriklik dat hulle verkies om te glo dat Suid-Afrika tog nooit deur so 'n hel sal gaan nie?
David skryf op die blad News Time soos volg:
"Toe die ANC-Jeugliga se leier Julius Malema twee jaar gelede begin het met "die rewolusie"-spoegery, het die meeste en selfs intelligente mense dit as bogpraatjies afgemaak, gedink dit is gemik op die onopgevoede en onopgeleide massas sodat hy meer steun daardeur by hulle kon wek.
Gedurende Malema se haatspraak-hofverhore het hy die woord “National Democratic Revolution” verskeie kere gebruik wat my bietjie meer geïnteresseerd gelaat het as tevore. My aanvanklike reaksie op sy aanhoudende klem op die "struggle" en "rewolusie" was: Watter 'struggle'? En waarom het hy 'n rewolusie nodig as die land reeds 'n ANC-beheerde konstitusionele 'demokrasie' het?
Toe lees ek op die ANC-webblad in hulle Strategy and Tactics (S&T) dokumente wat lank voor 1994 geplaas is oor die NDR – Nasionale Demokratiese Rewolusie. En toe besef ek, die NDR is nie Malema se plan nie maar 'n ANC-beleidstrategie wat nou deur Malema gedryf word. "
Ja, dis 'n werklikheid waaroor regse politici baie lankal waarsku maar hulle word doodgeswyg sodat hierdie dinge nie by die gewone landsburger moet uitkom nie.
Lees op die ANC se webwerf wat in hulle beleidsdokumentasie staan, ook in hulle ander geskrifte, en lees David se artikel by hierdie skakel: http://www.newstime.co.za/column/DavidBlood/THE_NATIONAL_DEMOCRATIC_REVOLUTION_AND_YOU/3/3640/