DIS MOS WAAROM BUURSTATE VIR MEKAAR DAAR IS...
Vanoggend is daar weer 'n pragtige storietjie in die nuus. Dit lyk of Zimbabwe sommer vinnig by Suid-Afrika leer en nie andersom nie... Dis nou wanneer die Swart polisie Swart huurmotorbestuurders of dan maar sommer gewoon taxi-eienaars, in gewapende rooftogte besig hou.
Klink of die polisie maar altyd aan die wenkant is – vroeër toe gewapende roof nog nie so in die mode was soos nou nie het verkeerspolisie groot somme omkoopgeld van taxi-eienaars met onpadwaardige voertuie geëis. Selfs onder Blanke regering het mens dikwels verby 'n afgekeerde taxi gery en gesien hoe die bestuurder 'n som geld aan die verkeersbeampte oorhandig.
Dalk is hierdie bedryf nie meer so lonend nie en het hulle en hulle polisiemaatjies dáárom begin om deur gewapende rooftogte taxi-bestuurders by te kom?
En nou doen hulle in Zimbabwe ook so; soos die polisiekonstabel met die naam Aloud Huruma, 23 jaar oud, wat reeds vyf taxi's met sy dienspistool aangehou en hulle beroof het sedert hy onlangs in April met 'n dienswapen toegerus is – die kêrel laat nie op hom wag nie!
Hy is pas opgesluit met 'n verwagte verhoordatum vir 18 Augustus – en dit deur 'n Swart magistraat, William Bhila. Dalk kan Suid-Afrika se Swart magistrate weer hieruit iets leer...