MEDIAVERKLARING
Abel Malan se borgaansoek geweier
Die weiering van borg aan mnr Abel Malan kan nie anders vertolk word as polities gemotiveer om hom te intimideer en ons volk verder uit te tart nie. Mnr. Malan is 'n gesiene sakeman in Oos-Transvaal met 'n vaste adres en besigheidsbelange. Na sy inhegtenisname het die Staatsaanklaer bevestig dat die staat nie 'n borgaansoek sou teenstaan nie, maar vanoggend is 'n advokaat uit die bloute opdrag gegee om dit wel teen te staan.Afrikaners word opgeroep om hul misnoƫ teen die voortgesette onreg wat op hierdie wyse teen ons mense gepleeg word, te toon deur in groot getalle na die vergadering wat Saterdagaand in Vereeniging deur die VVK gehou word, op te ruk.
Die vergadering word in die HTS Vereeniging in Voortrekkerstraat gehou en begin om 19:00.
Hoofkantoor: Herstigte Nasionale Party
Kontak Andries Breytenbach:
Telefoon: 082 322 6590
Faks: 086 651 8417
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.