GEE JOU GROND JULIAS!

OOK JULIAS SE GROND MOET 'HERVORM' WORD; ONS WONDER TOT WAT...

Vier gemeenskappe van Noord-Transvaal het glo grondeise ingestel op ’n stuk grond wat onse Julias, leier van die ANC-jeugliga, gekoop het.

Luidens ’n berig op News24.com het Malema in Junie verlede jaar R900 000 vir die plaas Palmietfontein in dié provinsie betaal. Die Ratanang-familietrust, waarvan hy glo die enigste begunstigde is, het glo afdeling 79 van die plaas gekoop.

Eddie Mohoebi, woordvoerder vir die Departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, sê die Ga-Mothapo-gemeenskap, die Ga-Mothapo Tradisionele Owerheid, die Maboi - en die Motokole-gemeenskap is die vier gemeenskappe wat die eise ingestel het.

Volgens die berig het twee gemeenskappe tussen 26 Oktober 1995 en 20 Oktober 1998 twee verskillende eise vir die plaas van 3,5 ha naby die Silicon Smelters naby Pietersburg ingestel.

Eiendomswaarde
Volgens Mohoebi is die waarde van die hele plaas nie bekend nie, aangesien ’n waardasie nog nie gedoen is nie. ’n Finale besluit sal geneem word nadat die grondeisekommissie in Noord-Transvaal die egtheid van die eise ondersoek het.

Tweespalt bestaan ook glo onder die gemeenskappe, wat die proses glo vertraag.