NIE-BLANKE 'BOERE' KOM OP SOOS BOSSIES!

Sarie Pieterse

'Werklose' vroueplaaswerkers van Ceres wil Saterdag glo 'ongebruikte' landbougrond in die omgewing ná ’n optog na die munisipale kantoor en boereverenigingkantoor op dié dorp beset.  Fatima Shabodien, nogal direkteur van die organisasie 'Vroue op Plase', vertel dat vroue glo gyselaars van "die stelsel" is – dalk moet ons haar vertel dat die hele Suid-Afrika as gyselaar van die kommunistiese stelsel aangehou word want sy kan seker nie die apartheidstelsel wat al 17 jaar gelede verval het bedoel nie – maar intussen wou sy die kommunistiese 'Vrouedag' op hierdie manier vier.

Sy vertel Ceres is as een van die armste landelike munisipaliteite geïdentifiseer (sy moet dié in Transvaal kom sien waar die Swart burgemeesters en hulle maatjies letterlik alles gesteel het) maar baie min grond is glo nog deur grondhervorming op die dorp oorgedra. Veral vroueplaaswerkers is dan glo gyselaars van ’n 'diskriminerende arbeidstelsel' in die landbou.

Shabodien sê al die kommersiële boere het nog nie hul 'verantwoordelikhede' as vader krismis nagekom om hulle grond gratis aan hulle werkers te gee sodat dié die voedsel kan produseer nie.  Maar sy weet seker nie dat diegene wat reeds grond verniet gekry het die beeste laat vrek het, geen voedsel geproduseer het en die grond in totale verwaarlosing gelaat het nie – en nou gaan die ANC nog 'n miljard rand aan hierdie "opkomende boere" gee; en hoe meer geld die Kommuniste uitdeel hoe meer van hierdie "boere" kom op!

Sy noem ’n vooraanstaande boerdery-onderneming in die omgewing op die naam en meen dié onderneming besit ;ongekende' hoeveelhede grond, maar dat die eienaars dit self betaal het en daarmee kan doen wat hulle wil kom ongelukkig nie ook by haar op nie.

Saterdag se optog sal by Ceres se verkeersdepartement begin. Dit is onbekend of Vroue op Plase toestemming vir die optog het...