STAAT LAAT VAAR STILLETJIES SAAK TEEN RATTE
Sarie Pieterse
Soos destyds duidelik was, het die ANC-regime se polisie vir Willem Ratte en 'n paar ander blanke manne sonder getuienis van die beweerde klagtes gearresteer. Hulle is op 1 Oktober 2010 deur die polisie in Balmoral oor die besit van onwettige wapens en 'n hele paar ander ongegronde bewerings in hegtenis geneem, aantygings wat nou glad nie bewys kan word nie. Die magsvertoon van die oordadige taakmag van twintig swaar gewapende polisielede wat die ongewapende Ratte in hegtenis gaan neem het was reeds genoegsame bewys van hulle verskuilde agenda om blankes se sogenaamde misdaad aan die groot klok te hang en sodoende hulle eie misdade te probeer verberg - toe het elke Naspersmedium 'n bohaai daarvan gemaak.
Noudat daar geen getuienis teen Ratte ingebring kan word nie is die staat verplig om die saak teen hom te laat vaar, maar is die saak so deursigtig dat hulle dit nie in die media durf aankondig nie - en die media werk lekker saam deur in al die tale te swyg.
Nie een van al die klagtes van sogenaamde onwettige wapens, diefstal, terrorisme, hoogverraad, die besit van kinderpornografie, 'n daggaplantasie op sy plaas en al die belaglike twak wat die polisie uitgedink het om 'n nuusbron van hulle "verskriklike fonds" en arrestasie te maak kon gestaaf word nie. Die slegs een staatsgetuie wat die polisie kwansuis gehad het, het ook soos 'n groot speld verdwyn. Nou is die saak in die Witbank-hof baie stilletjies en met groot geheimhouding teruggetrek want dit sal darem vir die polisie alte lastig wees om nou media-dekking te hê oor hulle eie skandes en bedrog.
Kom ons wens Ratte-hulle voorspoed toe in hulle moontlike voorneme om 'n teensaak van onwettige arrestasie deur te voer – dit is al taal wat Afrika verstaan: WEERSTAND!