Sarie Pieterse
Dit lyk of ons outjies wat so graag 'n stukkie volstuisbiltong verorber maar ons lus 'n bietjie sal moet knyp - slegs 'n week nadat die vorige verbod op die uitvoer van volstruisvleis opgehef is, is dit weer ingestel as gevolg van 'n nuwe positiewe uitslag van 'n H5-virus-toets. Hierdie keer is dit die uitslag van 'n toets wat gedoen is in die omgewing van Mosselbaai. Nou is die gevaar klaarblyklik realisties in 'n omtrek van 10 km van die plaas en word daar verdere toetse in daardie hele radius gedoen.
Die afgelope jaar het dinge vir die volstuisboere maar sleg verloop toe meer as 34 000 volstruise in die Oudtshoorn-omgewing geslag is en alle uitvoere reeds sedert April gekanselleer is. Die nuwe verbod bring nou die situasie dat daar vir die volgende drie maande weer geen uitvoere sal plaasvind nie. Dus is alle vooruitsigte om in hierdie bedryf te herstel voorlopig van die baan af. Kom ons dink in ons gebede aan hierdie boere wat baie verliese gely het en klaarblyklik nog baie sal ly.