BUITELAND GLO AFRIKANER KAN TOTAAL UITGEMOOR WORD

Wye reaksie op Afrikanervolksmoord in buiteland

Anita Morkel

‘n Vloedgolf van reaksie is tot dusver ontlok deur die oproep dat die Tweede Kamer van die Nederlandse parlement ‘n debat moet voer oor die volksmoord op Afrikaners deur swartes in Suid-Afrika. Dié debat sal waarskynlik op 23 en 24 November plaasvind.

In koerantberigte en op die sosiale media soos Twitter gons dit behoorlik oor ‘n oproep vroeër deur ‘n Nederlander, mnr. Dick van der Klooster, dat e-posse aan Nederlandse parlementariërs gerig moet word om die volksuitmoording onder hul aandag te bring.

Hewige reaksie is ontlok deur die Nederlandse parlementariër, Martin Bosma, se waarskuwing in die Amsterdamse koerant, Die Parool, dat die Afrikanervolk en hul taal waarskynlik uitgeroei sal word. Hy het ook die Nederlandse linkse vleuel daarvoor verantwoordelik gehou dat die ANC aan bewind gekom het.

Verskeie perspektiewe blyk uit ingeligte Nederlanders se reaksies. Dit behoort daartoe by te dra dat die volksuitmoording van die Afrikanervolk aldaar en ook verder op internasionale vlak onder die wêreld se aandag gebring word.

Uit die Nederlanders se reaksies is dit duidelik dat die eposse wat aan Nederlandse parlementariërs gestuur word, hulle dalk tot ander insigte kan bring omtrent die feit dat die volksuitmoording deur die ANC-regime verdoesel word as ‘gewone’ misdaad. Verder kan dit ook in die ope bring dat die Nederlandse regering hieromtrent deur die ANC-regime aan die neus rondgegelei word.

Hoewel die Nederlandse regering besef dat misdaad in Suid-Afrika hande uitgeruk het, het hulle sedert 2008 ‘n ooreenkoms met die ANC-regering om misdaad te probeer bekamp deur opleiding en ander hulp te verskaf. Hierdie samewerkingsooreenkoms werp egter weinig vrugte in die praktyk af, en dit word vanuit verskeie oorde onder die Nederlanders se aandag gebring dat die moorde wat bykans eksklusief op blankes gemik is, gepaard gaan met marteling en verminking.

Skeptisisme heers onder sommige Nederlanders dat bepaalde partye in die regering se oë sal oopgaan omdat van hulle nog in ‘n ontkenningsfase is en glo in die sogenaamde reënboognasie van hul ikoon, die kommunis, Mandela.

Nog ‘n belangrike aspek waarop gewys word, is dat die Nederlandse regering baie geld aan die buiteland gee en iedereen uit lande soos Marokko, Turkye en Pole aldaar welkom is. Vreemdelinge wat absoluut niks kan bydra tot die Nederlandse kultuur, geskiedenis of waardes nie, word toegelaat, maar Afrikaners geniet nie hierdie voorreg nie. ‘n Nederlander maak die opmerking dat Helen Zille van die DA geen enkele verwyt tot die ANC rig omtrent die volksmoord op die Afrikaners nie. Hy skryf dat die liberalisme van Helen Zille volgens sy mening nader is aan die Maoisme van Julius Malema as aan die republikeinse patriotisme van die Afrikaner Boere.

Verskeie Nederlanders besef ook dat die ANC-regime vriende is met die muishondlande en leiers van die wêreld. Baie besef ook baie deeglik wat die rol is wat Julius Malema speel in die hele ANC-politiek en die aanstigting van die volksmoord op Afrikaners.