TLU SA - MEDIAVERKLARING
“Die uitspraak van die Konstitusionele Hof op 2 November 2011 waarin die aansoek van Julius Malema en die ANC van die hand gewys word, stuur ’n sterk boodskap uit na diegene wat nie kan onderskei tussen haatspraak en die voorskrifte van die wet nie”, aldus
In sy aanhoor van die aansoeke tot appèl, het regter Lamont reeds verlof toegestaan dat die saak na die Appèlhof verwys mag word.
“Ons is van mening dat die uitspraak van regter Lamont, ondersteun deur ander uitsprake deur regter Halgryn en regter Bertelsmann, in ander soortgelyke sake wat in hoër howe gedien het, die onaanvaarbaarheid van haatspraak in geen ondubbelsinnige woorde veroordeel het nie. Daarbenewens is ons oortuig dat TLU SA se regspan onder leiding van adv Roelof du Plessis, SC, voldoende getuienis in die Gelykheidshof op rekord geplaas het wat behoort te voldoen aan die eise van die Appèlhof”, volgens mnr. Meintjes.