SOLANK NUWE WET OOK VIR BLANKES GELD

 

Hiermee het die wetgewer verseker 'n verskuilde agenda...

Volgens die Mediese Navorsingsraad kan die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens geweld teen vroue en kinders vererger. Luidens ’n berig in Die Burger (7 Desember 2011) sê dr. Naeemah Abrahams, ’n navorser verbonde aan die raad, die wysigings moet tot elke prys teengestaan word.

Van die wysigings behels dat die ouderdom vir ’n persoon aan wie ’n lisensie toegestaan mag word, verlaag moet word. Verder stel dit voor dat die aantal vuurwapens per persoon verhoog moet word.

Vuurwapen nie misdadiger
Intussen sê mnr. André Botha, voorsitter van Agri SA se landelike veiligheidskomitee, as daar na dié wetgewing gekyk word, moet dit altyd in gedagte gehou word “dis nie die vuurwapen wat die misdaad gepleeg het nie.”

Hy sê tweedens moet onthou word dat dié mense wat om ’n wapenlisensie aansoek doen, deur ’n streng keuringsproses moet gaan voor dat dit aan hulle toegestaan word.

“So, as die staat sy werk reg doen en die wet behoorlik toepas, sal vuurwapens nie in die hande van die verkeerde mense beland nie,” verduidelik Botha.

“Dalk moet die Regering begin om hand in eie boesem te steek en te kyk na die verval van ons samelewing, want hy hou aan om verantwoordelike landsburgers aan bande te lê, terwyl misdadigers al hoe meer kanse vat!”