SO WORD MOORD OP BLANKES TOEGESMEER

Vier swart senior polisie-amptenare het vlugtig in die hof verskyn vir korrupsie en manipulering van misdaadstatistiek in Tzaneen. Naledzani Julia Sivhula, 48, Matome Jonathan Matsapola, 51, Nelson Mulaudzi, 50, en Mahlodi William Ramokgobedi, 49, het in die Pietersburg magistraatshof verskyn.

Ondersoeke na die ware syfers vir misdaadstatistiek vir Tzaneen het begin toe die gegewe syfers alles 'n gekookte spul geblyk het. Uit hierdie ondersoek het dit duidelik geword dat daar talle ernstige misdaad vanaf 2008 plaasgevind het wat met deurdagte skelmstreke toegesmeer is. Daar is onder andere ontbloot dat moordsake wat die aandag van 'n moordondersoek nodig gehad het, aangeteken is as terloopse ondersoeke en inbrake sommer as perseelbetreding afgemaak is.
Die vier is aangekla van dwarsboming van die regstelsel en sal glo weer op 20 Januarie in die hof verskyn.