Die ANC het toegestem dat 'n groot deel van Tafelberg Nasionale Park op die hoogte genoem Chapman's Peak Drive, uitgekap word om 'n uitstaande luukse twee-verdiepinggebou vir 'n sogenaamde private maatskappy toe te staan. Dit is dieselfde multimiljoen-maatskappy wat reeds vir baie jare, vanaf die ANC die land onwettig oorgeneem het, ons tolpaaie in ons land 'bestuur' omdat die ANC hul tolpadmaatskappy kort na oorname aan hulle verkoop het om só baie gulsig groot bedrae geld vinnig te bekom - wat hulle lank reeds teen die mure uitgeverf het.
Dit sal glo een van die mees eksklusiewe kantoorblokke in ons land binne 'n nasionale park wees met die pragtige uitsig oor Houtbaai en die Atlantiese see.
Entilini is die naam vir die ontwikkeling en het reeds R1.6 miljoen op die voormalige ontwerp van die geboue spandeer terwyl die finale ontwerpfooie glo ongeveer R5.7 miljoen sal beloop – maar soos ons in die Nuwe Suid-Afrika lank reeds weet minstens verdrie-dubbeld sal word.
Daarby sal die buitebeligting 'n R1.8 miljoen beloop. Die publiek sal glo 'net' R25 miljoen van die totale R54 miljoen vir die kantore en die tolhek moet bybetaal.Houtbaai-inwoners is baie ontsteld en vertel dat die geboue totaal onwettig opgerig word. Hulle het 'n beroep gedoen op Sanpark se hoof en omgewingsbewaarder om die projek onmiddellik te stop of anders in die hof te draai.
Nasionale parke is veronderstel om deur streng wetgewing beskerm te word en hier is weer eens 'n bewys van die korrupsie wat deur die regering gepleeg word deurdat daar reed konstruksiehutte op die werksgebied opgerig is sonder dat 'n resolusie deur die Parlement wat hierdie aksie bevoeg verklaar uitgevaardig is.
In hierdie geval het die Wes-Kaap se ANC-regering byvoorbeeld die grense van die Chapman's Peak-roete in die bewaarde omgewing sonder wetgewing verander om 2 000 m2 van Tafelberg Nasionale Park in te sluit.
Die geboue gaan glo ongelooflik groot en luuks wees. Maar die vraag is: wat is die maatskappy wat dit betrek se verdere motiewe met Suid-Afrika – kan seker nie anders as nog geld uit die belastingbetaler wurg nie?