AFRIKAANS NOU MET GEWELD BEVEG

Honderde swartes opgeroep om op Fochville-skole toe te sak

Die Afrikaner

Sentraal-Transvaal se wetgewende komitee oor ‘petisies’ het intussen bekend gemaak dat hy drie skole op Fochville gaan besoek omdat hulle Afrikaans as ‘n toelatingsvereiste aan swart leerlinge stel.

Die senior mediawoordvoerder van die wetgewer, Sithembele Tshwete, het in ‘n verklaring bekend gemaak dat hulle op Fochville Hoërskool, Fochville Losberg Primary en Laerskool Fochville gaan toesak. Volgens Tshwete het die provinsiale wetgewer én onderwysdepartement die skole opdrag gegee om hulle deure vir swart leerlinge te open, en te stop om hulle hul reg te ontsê om in Engels onderrig te word.

Hy wys daarop dat Hoërskool Fochville die saak in Desember hof toe geneem het, maar dat die saak sedertdien van die hand gewys is.

Honderde beswaardes (“petitioners” aldus Tshwete) asook swart ouers en leerlinge gaan op hierdie skole toesak om te registreer, sê Tshwete.