Wanneer die ANC sulke wette uitvaardig kan mens maar weet dat dit nie gedoen word om wet en orde te handhaaf nie aangesien hulle nie daarin glo nie, maar wel om 'n sekere doelwit te bereik. Soos wat blankes se wapenlisensies in die spervuur was, sal blankes se bestuurderlisensies nou in die gedrang wees terwyl die taxi's en swart bestuurders nie geteiken sal word onder hierdie nuwe wetgewing nie.
Die ANC-regime vaardig nou 'n nuwe wet, bekend as die Wet op die Administratiewe Beregtiging van Verkeersmisdrywe (Aarto), uit wat ’n groot deel van die land se voertuig-bestuurders binne enkele maande van hul rybewyse kan ontneem vanweë die beoogde inwerkingstelling van ’n strafpuntstelsel waarmee motoriste gebrandmerk en van hul rybewyse ontneem kan word.
Kaapstad het reeds te kenne gegee dat dié stad die hof sal nader om die wetgewing te stuit as die vroeëre probleme wat opgeduik het, nie eers opgelos word nie.
In proeflopies om vas te stel hoe die beoogde wetgewing in die praktyk sal werk, het dit aan die lig gekom dat die wet ’n uiters negatiewe impak op die motorpubliek sal hê.
Aarto is reeds op ’n proefgrondslag in Johannesburg en Pretoria in werking gestel en sal glo op 1 April in werking tree.