Geagte leser,
U het op 23 Januarie op Gelofteland die mediaverklaring van die HNP by hierdie skakel, ALLE REGGEAARDE AFRIKANERS VERAFSKU BINCKES SE WRAAK-'ROMAN' gelees waarin hy hom ten sterkste uitspreek teen die inhoud van die boek deur Robin Binckes, Canvas under the Sky. In die boek skryf hy die vieslikste leuens oor die Voortrekkers en die Voortrekkervrou. Dit is 'n saak wat elke Afrikanervriend ten sterkste raak.
Die HNP gaan 'n eksemplaar van dié boek in die openbaar verbrand om ons afsku van wat Binckes skryf, te demontreer. Dit vind op Maandag, 30 Januarie om 15:30 (half vier) op die terrein by Die Willie Marais Afrikanersentrum plaas. U word uitgenooi om saam met die HNP ook u wrewel te demonstreer. Indien u meer hiervan te wete wil kom:
Neethlingstraat 199
ELOFFSDAL
Pretoria
0084
Tel. +27 12 335-8523/4
www.hnp.org.za
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Nooi u famlie en vriende. Die Afrikanervolk mag nie toelaat dat hy deur sulke leuens deur nog 'n Engelsman verneder en vertrap word nie.
DIE BOEK:
Die boek is glo "an epic historical blockbuster", maar enige ingeligte oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis sal besef dat dit alles behalwe 'n epos of helde-verhaal of geskiedenis is, maar loutere snert, waarin seks, dwelms en sogenaamde volkspele (wat hy nie eers reg spel nie) aan die orde van die dag is. Op misdadige wyse skryf hy ook dat die Voortrekkermans Hottentothouvroue gehad het en 'n groot kroos by hulle verwek het. Twee Voortrekkervrouens word selfs as lesbies uitgebeeld.
Wat hy met "blockbuster" bedoel, sal ook net Binckes weet. Dit is so dat ons voorouers ook net mense was, maar hy maak karikature van hulle wat hulle met sekseskapades en dagga besig gehou het. As hy 'n historiese roman oor die Voortrekkergeskiedenis wou skryf, moes hy gaan kers opsteek het by FA Venter. Sy boeke oor die Groot Trek is historiese romans.
Binckes is 'n tipiese Johannesburgse Engelsman. Eers het hy 'n gemors van sy sakebedrywighede gemaak en nou misluk hy weer eens op 'n terrein waarvan hy niks weet nie. Hy erken self dat hy die seksuele vergrype oordryf het en dat dit sy eie afleiding is dat die Voortrekkers dagga gerook het, maar voeg terselfdertyd daaraan toe dat die geskiedenis in sy fiksie-roman akkuraat is, wat dit natuurlik nie is nie. Hy verklaar dat van sy voorouers Britse Setlaars van 1820 was, maar uit die gemors wat hy letterkunde noem, blyk dit dat hy nie eers sy eie voorouers se geskiedenis ken nie. As hy dit geken het, sou hy geweet het dat hulle baie groot waardering vir die Afrikanerboere op die Oosgrens gehad het. So byvoorbeeld het die patriarg, Thomas Philips, aan die vader van Piet Uys, Jacobus Uys, voor die vertrek van die Uystrek 'n Bybel namens die Setlaars oorhandig.
Daar is talle Engelssprekendes, onder wie goewerneur Benjamin D’Úrban, wat hulle baie positief oor die Voortrekkers uitgelaat het en hierdie onbekende, liggewig Engelsman moet gerus daarvan kennis neem. Dit is dus ook duidelik dat sy sogenaamde navorsing baie eensydig was. Ewe duidelik is dit dat hierdie anti-Afrikaner beter sal vaar as hy hom liewer by motorsport en krieket bly bemoei het of liewer gaan navorsing doen oor Engelse gruweldade waarvan daar talle voorbeelde is! Die Afrikanervolk neem kennis van sy heiligskennis en waarsku hom om hierdie tipe beswaddering onmiddellik te staak.
Dit gaan ook alle verstand te bowe dat so iemand as toergids by die Voortrekkermonument moet optree. Dit dui ook maar net weer die verval aan wat op alle terreine van die samelewing onder die ANC/SAKP regime ingetree het.