Die Afrikaner
Die swak standaard van departementele vraestelle en die feit dat dit dikwels laat by skole aankom, laat die gevaarligte vir diegene in die staatsonderwys flikker.
Dit het aan die lig gekom dat die uiters swak Afrikaanse taalgebruik in vraestelle vir lewensoriëntering laerskole in die Secunda en Bethal-omgewing noop om hul eie vraestelle op te stel. Soms daag die departementele vraestelle eers op wanneer die leerlinge al klaar eksamen geskryf het.
Dit wil voorkom asof die opstellers van die Afrikaanse vraestelle hoegenaamd nie die taal magtig is nie. Verder wemel die vraestelle ook van tikfoute. Enkele voorbeelde uit graad 5 en 6- vraestelle vir lewensoriëntering onder die afdeling waarop leerlinge waar of vals moet antwoord, word aangehaal: “’n Gebren aan konsentrasie kan veroorsaak word duer die misbruik van dwelmmiddels.” “Rommelstrooning is ‘n vorm van beoedigling”.
Onlogiese taalgebruik kom ook voor in ‘n leesstuk oor dwelmmisbruik: “Hy het ook geheimsinnig gewoord sy skool prestasie het versleg en in himself gekeer. Sy oe is dikwels rooi en helder sy mond het swaart kleur. ‘n ruik na gebrande hou en helder sy word het ‘n ruik na gebrande hou en hy loop som skeef.”
‘n Onderwyswoordvoerder van Oos-Transvaal het gesê dat die departement jammer is oor die foute en gaan vasstel waarom die vraestelle nie behoorlik geproeflees is nie. Volgens hom het die departement taalredakteurs wat gebruik kan word.
* Onderwyskenners is dit eens dat die onderwysstandaard van die ANC-regime besig is om met rasse skrede agteruit te gaan namate taal- en vakkundigheid verlore gaan. Gekwalifiseerde moedertaalsprekers, wat Afrikaans as standaardtaal ken, word in die hele staatsdiens uitgerangeer omdat Afrikaans deur die ANC-regime gemarginaliseer word, sê opgeleide taalkundiges.