...Uit Afrika kom daar altyd iets nuut!
Dié berig is reeds ou nuus en het die wêreld per internet deurkruis maar telkens bring dit weer 'n glimlag - en kan ons nie doen met humor in hierdie land nie!
'n Medewerker van die ANC-regime se departement van tradisionele sake in KwaZulu-Natal, Nomsa Dube, het 'n beroep op die nasionale departement van wetenskap en tegnologie gedoen om ondersoek in te stel na die oorsake van erge weerlig, (dalk was dit blimsemstrale...) waarin sewe swartes dood is. Dít is egter nie wat so snaaks is nie want talle mense sterf gereeld in erge weerlig, wel enige kleur en ras maar juis veral dié wat vir kwaadgeld buite rondloop tydens swaar weer...
Nietemin, madam Dube het in alle erns opdrag gegee dat die rasissme in weerligstrale ondersoek word want sy het glo nog nooit gehoor dat witmense deur weerlig geslaan word nie. Tydens haar besoek in Eshowe in Natal waar die sewe "previously disadvantaged" deur die bliksemstrale morsdood geslaan is, het sy gesê dat wetenskaplikes nou moet help om toerusting te ontwikkel wat die swartmense teen weerlig kan beskerm, en " ... The department has dealt with floods and fires, but lightning is new to us." Dit herinner aan Rip van Winkel, net in 'n ander kleur.
Ons wens die departement voorspoed toe in sy ondersoek, en hoop dat hy met 'n wonderlike uitvinding vorendag sal kom – dalk kan ons witmense ook daarmee teen bliksems beskerm...