BRUTALE AANRANDING DEUR SWART POLISIE

Dit is wat die Swart kommunistiese polisie aan Blanke bejaardes doen:
Swart ANC-polisielede het mev. Willemina Laynes (69), wie se linkervoet vroeër vanjaar afgesit is, se linkerheup Oujaarsaand op twee plekke gebreek. Haar linkerknieskyf is ook gekraak nadat ’n polisielid haar teen ’n rantsteen gestamp het. Hulle het ook haar man, Willem (72), en haar seun, mnr. Adriaan Strydom (44), geskop en geslaan. Die polisie het Laynes en Strydom daarna op aanklag van aanranding gearresteer. Hulle is tot eergistermiddag in die Moot-polisieselle aangehou.

Dié brutale aanval op bejaarde Blankes het Vrydagaand gebeur toe die Laynes-egpaar, Strydom, sy verloofde, Martina van der Merwe (35), en dié se 16-jarige seun in Fratesweg op pad na Jan Niemandpark was. Volgens Strydom het die polisie “sonder om te kyk” by ’n kruising voor sy pa “ingedruk” in ’n poging om ’n ander voertuig agterna te sit. Dié voertuig het glo in ’n eenrigtingstraat teen die verkeer gery. Die polisie het stilgehou. Mnr. Laynes het óm die polisievoertuig gery en deur die venster gesê: “Julle moet darem net om julle kyk voordat julle ry.”

“My pa het aangery, maar die volgende oomblik het die polisievoertuig vir ons ligte geflits en gewys ons moet aftrek. Daar was nie plek om af te trek nie en my pa wou toe in Michael Brinkstraat aftrek, maar by dié kruising het die polisiebeampte uitgeklim, sy arm deur die venster gedruk en die sleutel uitgeruk.”

Laynes het uitgeklim en sy sleutel probeer terugvat. Die beampte het Strydom toe glo aan die bors gegryp en hulle het gestoei.

’n “Verskrikte” mev. Laynes het met haar krukke uit die motor geklim en is glo deur die polisiebeampte omgestamp.

“Toe breek alle hel los.”

Laynes het gesê hy was kalm tot sy vrou omgestamp is. Met sy gesonde arm het hy die twee beamptes met ’n kruk geslaan. Sy ander arm kon hy weens ’n ou besering nie oplig nie.

Verskeie ander polisievoertuie het opgedaag. Hierdie feit moet van nader bekyk word: dit gebeur telkens wanneer Swart polisie Blankes van die pad afkeer dat hulle versterkings inroep. Sou dit wees omdat hulle bang is die Witman oorweldig hulle? En dat hulle seker wil maak dat hulle aanranding wat dikwels in moord eindig suksesvol eindig?

" Die polisie het “ons met pepersproei gespuit en ons albei geskop en geslaan”, het Strydom gesê. “Hulle het ons geboei. My pa het gesukkel om in die vangwa te klim, toe skop hulle hom in.”

Strydom en sy pa is eergister op borgtog van R500 elk vrygelaat. Hulle het gister ’n klag van aanranding teen die polisielede ingedien.

Ao. Marinda Swanepoel, polisiewoordvoerder, het bevestig twee klagte van aanranding is ingedien. Luister na die leuen wat hulle uitgedink het:  “Die betrokke polisielede beweer hulle het opgemerk Laynes se voertuig (’n Nissan Maxima) is oorlaai, dat Laynes nie onmiddellik wou aftrek nie en dat ’n rusie ontstaan het waarin ’n polisiebeampte met ’n kruk oor die kop geslaan is.”

Hierdie onuitspreeklike ongeregtighede teen Blankes gebeur amper daagliks maar haal bitter min die nasionale media want dit moet vir die publiek verswyg word waar moontlik. En keer na keer verdwyn die aanrandingsklagtes teen die polisie soos mis voor die son en kan niemand daar iets van onthou nie, of die dokumentasie verdwyn en die saak word laat vaar.