SANKSIES TEEN SA VIR OLIE UIT IRAN

Hoor nou die redes wat Obama aanvoer waarom daar sanksies teen Iran en sy olie-uitvoere ingestel word: Iran sowel as sy Sentrale Bank, finansier terrorisme - asof Amerika dit nie self doen nie! En deur geldwassery is Iran glo 'n bedreiging vir die internasionale monitêre sisteem, sê Obama. Maar dat Israel by Amerika gaan tjank het vir hulp omdat hulle bang is Iran gooi 'n kernbom in Israel, veral op Tel Aviv – nou nie dat Amerika aanmoediging nodig het om Iran te probeer kelder nie – word verswyg. Intussen lag Iran se leier, Ayatollah Ali Khamenei, al die pad oor sy twee volstoomwerkende uraanverrykkings-aanlegte.

U sal onthou ons het onlangs berig oor Iran wat so intelligensiedig is dat nie veel van sy kerninligting uitlek nie maar ook dat Iran tans minstens twee uraanverrykkingsaanlegte in volle werking het.

Ons het ook gemeld dat Iran klaarblyklik binne vyf jaar genoeg kern- en biologiese wapens vervaardig kan hê om 'n wêreldoorlog te lei.
Israel wat in angs en bewing staan oor hierdie nuus, het by Amerika gaan huil en natuurlik kon Obama nie wag om Iran te probeer boikot nie. Daarom het hy 'n wêreldverbod vir talle lande met die uitsondering van 11, gehef op die uitvoer van olie uit Iran. Ook Suid-Afrika moet glo vanaf 1 Julie sy 26% olie wat hy van Iran invoer staak anders die plaaslik sankies.

Nou het ook Suid-Afrika glo net sewe weke oor om sy 26% olie-invoer uit Iran te stop. Daar moet voor 28 Junie 'n amptelike onderneming aan die VSA gedoen word om te bevestig dat Suid-Afrika dit sal nakom. Indien Suid-Afrika weier om dit te doen sal die VSA glo sanksies regstreeks teen Suid-Afrika instel.

SA Petroleum hou natuurlik ook niks van hierdie vooruitsig nie en kla dat dit 'n suiwer politieke besluit is wat hulle onder druk plaas.

Kom ons kyk hoe die swart kommunistiese ANC hierdie tameletjie gaan hanteer...