Republikeinse Vroue Beweging
MEDIAVERKLARING
Anneke Geldenhuys
Dit is met groot hartseer dat die radiostasie wat in loopgrawe beskerm is, met “vasbyte” aan die lewe gehou is, juis omdat hierdie radiostasie ons vryheidsboodskap verkondig het, nou ‘n aanval loods op daardie volksgenote wat onbeskaamd vir ons vryheid werk en dat hierdie radiostasie nou sal deel word van die “Nuwe Suid –Afrika” en deel word van die propaganda van gedwonge integrasie, om daardeur ons trotse volk verder te verkneg. Dit terwyl ons mense in plakkerskampe krepeer en in hulle duisende vermoor word.
Ons geliefde land wat ons pa’s en broers duur gekoop het en beskerm het met hul bloed op die grense, is op ‘n slinkse, lafhartige manier aan die vyande van ons volk op ‘n skinkbord gegee deur “slim” politici wat met “slim” praatjies ons volk beïnvloed het om hulle te glo.
Die leë beloftes van eie skole, eie woongebiede eggo nog in die anale van die geskiedenis, van hierdie volksverraaiers.
Tog is ons ‘n volk wat kan opstaan, wat kaalvoet oor die berge loop as ons moet, wat weer opgerig het wat verlore en vernietig was, wat ons Vryheid herstel wanneer dit soos ‘n dief in die nag van ons gesteel word, of weggegee word deur “slim” lafaards.
Daarom het ons die CVO skole gestig en onderhou, volksdorpe soos Kleinfontein en Orania gestig en ‘n radiostasie (Radio Pretoria) opgerig, gefinansier en self in loopgrawe beskerm sodat die vlam van ons volk se strewe na Vryheid nooit geblus kan word nie.
Deur dit alles heen, oor al die eeue wat ons volk al in hierdie land is, is dit telkens die ruggraatlose volksgenote soos die joiners, hensoppers, hanskakies, broeders en sikofante wat nie kan wag om oor hulle voete te val om hul vreemde meesters ter wille te wees nie, ten koste van ons volk se vryheidsreg.
Dit is dieselfde mense wat dit wat ons opgebou het met sweet en trane en soms selfs bloed, van ons te kom steel en dit dan teen ons te gebruik.
Dit is met groot hartseer dat die radiostasie wat in loopgrawe beskerm is, met “vasbyte” aan die lewe gehou is, juis omdat hierdie radiostasie ons vryheidsboodskap verkondig het, nou ‘n aanval loods op daardie volksgenote wat onbeskaamd vir ons vryheid werk en dat hierdie radiostasie nou sal deel word van die “Nuwe Suid –Afrika” en deel word van die propaganda van gedwonge integrasie, om daardeur ons trotse volk verder te verkneg. Dit terwyl ons mense in plakkerskampe krepeer en in hulle duisende vermoor word.
Die bloed van hierdie mense sal op die hande wees van nie net FW de Klerk en sy meelopers nie, maar ook hulle wat ‘n speek in die wiel wil wees van ons volk se pad na Vryheid.
Aan die sikofante; ons gun julle die “Nuwe Suid-Afrika” met al sy ellende en “geleenthede”, gun ons tog ons Vryheid. Los dit wat ons opgebou het tog in vrede en bou vir eens iets self op, sonder om dit wat ons opgebou het, te kom steel en dan te verander.