BRING TERUG AFSONDERLIKE ONTWIKKELING!
Mens hoef nie te vra waarom daar van gerespekteerde leiers soos dr Verwoerd nooit uitdagende of naakportrette verskyn het nie want die antwoord is eenvoudig: hy was 'n man met hoë morele waardes en nié eers al die leuens oor sy suksesvolle beleid van afsonderlike ontwikkeling kon daardie waardigheid afbreek nie.
Dat Zuma in hierdie spervuur met sy 'spear' staan is ook eenvoudig: met 'n verkragtingsaak en soveel buite-egtelike verhoudings in sy boekie was dit slegs 'n natuurlike uitvloeisel om in die lig van Westerse beskaafdheid dit as taboe te veroordeel. Dit is wat Brett Murray as kunstenaar met hierdie uitbeelding gedoen het.
Maar nou kan ons ook verstaan waarom dit vir Zuma so beledigend is. Is daar nie 'n Afrika-reël wat stip dat dit nie verkeerd is om te steel nie net solank jy nie gevang word nie? En wanneer jy dan 'ontbloot' word is die skande so groot dat jy daarteen moet stry. Dit is seker maar wat Zuma nou doen, want in die lig van Afrika-kultuur is verkragting en buite-egtelike verhoudings geen sonde nie, solank ander net nie daarmee die spot dryf nie, né.
Maar in die lig van Westerse beskaafdheid is dit juis die dinge wat 'ontbloot' moet word, die dinge waarmee beskaafde mense nie kan saamgaan nie, dinge wat hulle na onder trek en as volk en kultuur vernietig. Daarom kan Brett Murray se kunswerk beskou word as 'n noodkreet vir die toestand waarin die witman in Suid-Afrika hom tans bevind.
Solank daar twee rasse is, is daar twee kulture, is daar totale uiteenlopendheid. Voeg dit saam in een pot en daar is nie die vaagste kans op begrip en vrede nie. Watter deel híervan verstaan die spul liberaliste nie?