TLU WIL OPTREE TEEN ANC EN JEUGLIGA

TLU SA gaan sterk stappe neem teen ANC en sy Jeugliga

TLU SA het met weersin kennis geneem van die uitsprake deur die ANC Jeugliga se Ronald Lamola tydens hulle konferensie in Verwoerdburg

 Sy dreigemente dat boere wat wil leef hulle grond moet verlaat, word in 'n baie ernstige lig gesien.

TLU SA het sy regspan reeds opdrag gegee om met die hardste moontlike maatreëls te begin teen Lamola, die ANC Jeugliga, die ANC en sy President.  Dié optrede kan insluit die verkryging van 'n hofbevel, die lê van 'n strafregtelike klagte en klagtes by tersaaklike instellings soos bv. die Menseregtekommissie.

'n Meer volledige verklaring sal later uitgereik word.