AFRIKANER TREK NOU GRENSE

Mediavrystelling: Herstigte Nasionale Party

Aanstigting tot Plaasbesettings

Die HNP het kennis geneem van ANC Jeugliga se visepresident Ronald Lamola se dreigemente om blanke boere se plase deur  massa-aksie te roof op soortgelyke wyse as wat in Zimbabwe gevolg is. Kennis is ook geneem van NUMSA se sekretaris, Irvin Jim se uitlatings dat die regering die land en sleutel strategiese sektore van die ekonomie sonder kompensasie moet "terugvat".

Anders as in Zimbabwe, waar die blankes 'n blote gemeenskap was, is die Boere-Afrikaner 'n eie volk met 'n vaderland wat deur ons ontwikkel is. Ons het ons grond — plaasgrond en stedelike grond — op 'n regmatige wyse bekom. Behoorlike rekords daarvan bestaan vanaf die begin van ons geskiedenis in hierdie land. Ons grond is ons eiendom en ons sal nie toelaat dat dit deur massabesettings of wette wat diefstal wettig, onder ons uit geroof word nie.

Daarom sal ons die regsprosesse om grondroof te stop en ongedaan te maak, respekteer en volg solank as wat dit effektief is om ons mense en eiendom behoorlik te beskerm. Indien grondroof nie deur die reg gekeer word nie, sal die HNP volksgenote en beskermingsorganisasies landwyd oproep om grondbesettings fisies teen te staan en ongedaan te maak.

Die HNP beklemtoon dat daar ook wat hierdie saak betref, blywende vrede en orde in Suid-Afrika sal kom slegs wanneer behoorlike grense getrek word om elke volk se lewensruimte en gesagsgebied af te baken.

Ons is oortuig dat 'n groot getal volksorganisasies en volksgenote hulle met hierdie standpunt vereenselwig.