Mediaverklaring
Verkennersbeweging SA
Veterane-pensioen is 'n dekmantel vir finansiering van oud-terroriste
Nuwe wetgewing maak dit moontlik vir die regering om aan sogenaamde militêre veterane pensioen ten betaal. Die doel van die projek was oorspronklik om aan lede van MK en APLA, die terroriste organisasies wat terreurdade gepleeg het soos om bomme te plant vergoeding te gee. Weens druk is die oud SAW lede ingesluit maar blyk dit nou dat inkomste uit ander bronne 'n bepalende faktor sal wees of 'n sogenaamde veteraan kwalifiseer vir hierdie pensioen.Plaasaanvallers se inkomste word nie verklaar nie en gevolglik sal hulle kwalifiseer vir hierdie pensioen. Dit beteken in wese dat plaasaanvallers nou gefinansier gaan word deur die regering met belastingbetalers se geld.
Die tyd is naby dat belastingweerhouding oorweeg sal moet word as 'n manier van selfverdediging.