AGRI SA WERK STEEDS SAAM MET ANC

Mediaverklaring

HNP se reaksie op Agri SA:

Boere moet vasstaan in belang van die landbou

en herwinning van ons vaderland

Die uitspraak van mnr Theo de Jager van Agri SA dat hy nie boere kan aanraai om in hulle plase te belê nie, is ’n uitspraak wat dui op finale oorgawe.

As boere daardie houding inneem, is die toekoms van die landbou en van voedselproduksie in Suid-Afrika oor die afgrond. Dan sal landbou totaal ineenstort.

Agri SA was bereid om saam met die ANC te werk om die sogenaamde nuwe Suid-Afrika te maak werk. As die gevolgtrekking nou is dat die boer nie verder in sy plaas moet belê nie, dan is dit die bewys hoe ver die oorgawe reeds gevorder het.

Verkeerde keuses het die land en die landbou in die toestand waaroor Agri SA en baie boere nou bekommerd is. Met die politieke oorgawe in 1994 is die skyn van demokrasie geskep. Die ANC het die politieke mag misbruik om alles wat deur die Afrikaner in die land opgebou is, ook die sukses van voedselvoorsiening, te vernietig deur alles stap vir stap van die Witman weg te neem.

Nou het die ANC by ’n doodlooopstraat beland en soek steeds die skuld by die Witman en apartheid om sy eie bestuursonvermoë te verbloem.

Dit is eerder nodig dat die boer nou sterk staan. Om handdoek in te gooi, is totale boedeloorgawe. Dit sal die laaste strooi wees wat die kameel se rug sal breek om  uiteindelik wettige grondbesit ook weg te teken. Die boer is steeds ’n mag in hierdie land as ons saamstaan.

In plaas daarvan dat leiers in die georganiseerder landbou soos Agri SA boere bangpraat, moet hulle eerder die boer motiveer tot kragdadige verset teen die ANC en die vernietiging van die landbou. Die HNP roep boere op om vas te staan in belang en tot behoud van die landbou, suksesvolle voedselvoorsiening, behoud van ons landbougrond en uiteindelik die herwinning van ons vaderland.