KORRUPSIE, BEDROG, ANC...

’n Spesiale ondersoekeenheid het bevind dat daar besliste redes bestaan waarom die belastingbetalers gebuk gaan onder die swaar belastings en swak dienslewering onder die ANC.

Hier is die belangrikste redes:

• 65 beamptes het sakebelange in 66 maatskappye met wie die raad tans sake ter waarde van R185 miljoen doen. Tugstappe is teen nege beamptes gedoen wie se maatskappye betalings van meer as R1 miljoen van die raad ontvang het;
• Agt beamptes het meer as een identiteitsnommer;

• Moontlike geldwassery het aan die lig gekom ná die ontleding van bankstate van ses maatskappye wat gekoppel kan word aan voormalige of huidige wederhelftes en/of familielede van twee munisipale beamptes. Een van dié beamptes is geskors hangende die finalisering van die ondersoek;
• Ses onverwante beamptes gebruik dieselfde bankrekening en almal se salarisse word in dié rekening inbetaal;
• 13 beamptes gebruik identiteitsnommers wat behoort aan mense wat op die departement van binnelandse sake se databasis as dood aangedui word;
• 3 778 beamptes is geregistreer om maatskaplike toelaes te kry;
• 212 voorvalle van mense wat hul rybewyse op ’n bedrieglike wyse verkry het, is bevestig. 87 van dié rybewyse is verwys om gekanselleer te word. Strafsake is hangend in 10 gevalle;
• 104 metropolisielede het moontlik misdaad geskiedenis en 45 beamptes is skuldig bevind aan ernstige misdade soos moord en verkragting, 18 beamptes is verhoorafwagtend en vir 50 beamptes kon geen rekords gevind word nie;
• Vyf beamptes in bestuursposisies het gelieg oor hul kwalifikasies en ondervinding. Een beampte is reeds afgedank en stappe sal teen nóg vier gedoen word.
• Ses beamptes in bestuursposisies besit nie enige vorm van kwalifikasie nie en daar is teenstrydighede in 22 beamptes se kwalifikasies.
Die Nuwe Suid-Afrika kom sterk na vore in die verslag. Woordvoerders het aan Die Vryburger gesê dit sal interessant wees om ’n soortgelyke oefening uit te voer op parlementslede van die land.