Soos ons tevore telkens berig het is veldbrande dikwels moedswillig gestig sodat die boer soveel skade moontlik moet ly en dalk self sy plaas verlaat. Hierdie jaar is was diebrand in die Vrystaat nog erger as verlede winter se verwoesting en het veldbrande deur sowat 20 distrikte in die Vrystaat het die afgelope week verskroeide aarde van sowat 120 000 ha agtergelaat, met geweldige vee-, weiding- en ander boerderyverliese van sowat R500 miljoen. Die bedrag kan, met al die newe-effekte, oploop tot na skatting soveel as R1 miljard. As sodanig verteenwoordig dit ’n ontsaglike knou, nie net vir landbou in die provinsie nie, maar ook vir die provinsiale ekonomie. Na verwagting sal dit voedselpryse binne die volgende maande sterk opwaarts stoot. Intussen word weer eens vrae gevra oor die skielike en wye omvang van die veldbrande en of dit deels voorkom kon gewees het en hoeveel opsetlikheid moontlik betrokke kan wees.