SA & FRANKRYK EWE MIN LEEFBAAR

Ons het die afgelope dae opnuut erge geweld in ons eie land beleef waar daar eergister reeds 34 persone dood is in die oproere by Lonminmyn, Marikana, in die Noordweste van Transvaal. Polisie het glo geen keuse gehad as om op die barbaarse opstandelinge, self met hul pangas en gewere, te vuur nie.

Nou het ons ook verneem van die geweld wat in Frankryk losgebars het en dit het feitlik dieselfde oorsaak as in Suid-Afrika soos ook in die meeste dele van die wêreld, naamlik rasse-konotasie wat verskuil word deur die opsweping van die massas asof dit 'n loonkwessie sou wees.

In Frankryk het Arabiese en swart geweld nou in alle krag losgebars. Verskeie polisiebeamptes is beseer toe beide swart en Arabiese jeugdiges motors en geboue in die noordelike stad Amiens aan die brand gesteek het. Dit volg slegs ná 'n jaar nadat Engelse stede amper soos oorlogvelde gelyk het as gevolg van "vreemdelinge" se opstand. Die opstandelinge het ook op die Franse polisie losgebrand en sowat 16 beamptes beseer – darem nie soveel ongevalle soos gister by die Lonminmyn nie...

Daar word glo gevrees dat die opstand onder die werklose swart en Arabiese jeug in Frankryk die vuurhoutjie in die kruitvat kan wees vir verdere opstande onder die miljoene immigrante in dié land – indien hierdie kommer werklike gronde het is Suid-Afrika se dae ook getel.

Bepaalde beeldmateriaal oor die rasse-opstande gedurende Augustus verlede jaar in Engeland is pas bekend gestel nadat dit teruggehou is tot die afhandeling van die Olimpiese Spele in Londen. Die rasse-opstande het in Tottenham begin nadat ‘n gekleurde man, Mark Duggan, deur die polisie doodgeskiet is. Die beeldmateriaal toon dat bepaalde Londense voorstede en ander Engelse stede bykans soos oorlogsones gelyk het weens brandstigting en saakbeskadiging aan eiendom.

Soos ook die geval in Suid-Afrika, toon opnames dat die gradering van stede (soos Londen en ander Engelse stede)  ten opsigte van “leefbaarheid” weens hierdie rasseopstande gedaal het. Ons kan dus verwag om in ons eie land nog meer en meer 'leefbaarheid' in te boet as wat reeds die geval is.