BLY WEG UIT WOOLWORTHS!

Mediaverklaring

 Herstigte Nasionale Party

Dis nie net Woolworths nie

Die oorweldigende reaksie vanuit die blanke gemeenskap op die advertensie van Woolworths dat slegs nieblanke persone kan aansoek doen om as werknemers by Woolworths aangestel te word, verdien verdere kommentaar:

  • Dit was ook Woolworths wat nie te lank gelede nie alle Christelike lektuur op hulle rakke verbied het. Dié aanslag op die Christendom is toe afgeweer. Nou volg die aanslag op die Witman, wat weer eens ’n aanslag is op die bestaansreg en die kultuur van die Afrikaner as volk in hierdie land.
  • Die eise dat die inhoud van die advertensie verander moet word, het geen betekenis nie. Sou blankes wel toegelaat word om aansoek te doen, sal die aansoek sonder oorweging in die snippermandjie beland.
  • Woolworths se betoog dat aanstellings volgens die demografie van die land geskied, is misleidend. As die demografie in ag geneem word, behoort alle winkels in blanke woonbuurte oorwegend blanke personeel te hê. Woolworths is dus nie eerlik met die klante wat by hom koop nie.

Dit is egter nie net Woolworths wat teen die Witman diskrimineer nie. Alle winkelgroepe en finansiële instelling is daaraan skuldig dat hoofsaaklik nieblanke personeel aangestel word. Blankes wat uit die diens tree, word deur nieblankes vervang.

Absa, Edgars, Clicks, Checkers en soveel meer is aan hierdie swart bevoordeling skuldig. En dan het Checkers nog die verwaandheid om oor ’n Afrikaanse volkseie radio te adverteer om die Afrikaner se geld te kry.

Die optrede teen Blankes deur die besigheids- en finansiële instellings is ’n politieke aksie. Die Witman (en die Afrikaner in die besonder) word onderdruk, maar sy geld is goed genoeg om dié instellings ongekende winste te laat behaal. Dit het tyd geword dat die Afrikaner onomwonde verklaar sy geld is wit en dit praat Afrikaans.

Die oplossing is ’n politieke oplossing. Die Afrikaner is nie bereid om langer onder hierdie onwettige ANC-regime vertrap te word nie. Daarom sal die stryd om die vryheid van ons volk nie ophou nie totdat die Afrikaner oor homself kan regeer in sy vaderland. Dan sal die besigheids- en finansiële instellings in die hande van blankes wees waar blankes deur blankes in Afrikaans bedien kan word en die Afrikaner met kundigheid en geesdrif sy ekonomie kan uitbou tot ’n Eerste Wêreldland soos ons dit geken het toe ons ’n Afrikaner-owerheid gehad het.