ALMAL STEM: DIE STEM MOET UIT!

Mediaverklaring

HERSTIGTE NASIONALE PARTY

Die Stem moet uit Nkosi uit

Die HNP neem geensins aanstoot met die voorstel van die polisievakbond Popcru by Cosatu se nasionale kongres dat die dele van Die Stem in die ANC-volkslied verwyder moet word nie.

Die Stem van Suid-Afrika, of dele daarvan, in die ANC-volkslied is soos ’n goue ring in ’n vark se snoet. Dit hoort nie daar nie, net soos die Witman nie in die ANC se gewaande reënboognasie hoort nie. ’n Volk met selfrespek werp nie sy pêrels voor die varke nie.

Die HNP het sedert die magsoorgawe aan die ANC nooit Nkosi as volkslied vir die Afrikaner aanvaar nie. Vir die HNP is Die Stem van Suid-Afrika steeds die Afrikanervolk se amptelike volkslied.

Na agtien jaar van ANC-bewind het daar nog niks van die sogenaamde reënboognasie gekom nie. Die afstand tussen die verskillende rasse het eerder groter as kleiner geword.

Wat Nkosi betref, is dit ook die amptelike volksliedere van Tanzanië en Zambië. Die bewoording daarvan is ’n vae oproep dat “die gees” op die kinders van Afrika moet neerdaal. Afrikane wat dit sing, kan daaraan die vertolking gee soos dit hulle pas. Dit kan ook aanbidding van die voorvadergeeste wees.

Dit bots met die Christelike geloof van die Afrikaner as volk en staan in skrille kontras met die vierde strofe van Die Stem van Suid-Afrika waarin die Drie-Enige God aanbid word.

Die HNP staan buite die ANC-bestel, erken nie die Menseregte Grondwet waarin God Drie-Enig nie erken word nie en sal nooit Nkosi as volkslied en die nuwe vlag as die Afrikaner se landsvlag aanvaar nie.

Die HNP streef daarna om die Afrikanervolk se vryheid in sy vaderland te herstel waar Die Stem van Suid-Afrika die volkslied sal wees en die Vierkleur as vryheidsvlag sal wapper.

“Laat die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe bly!”