KORTNUUS:
Polisie steur hulle nie aan ander misdadigers nie...
Terence Nombembe, Ouditeur-generaal van die SAPD, het bevestig dat 60 persent van aangemelde kriminele klagtes nie aangeteken word en daarom ook nooit ondersoek word nie. Dit is nadat die saak bekend geraak het deur middel van die polisiejaarverslag en reeds die publiek se aandag getrek het.
Daar kan aanvaar word dat die 60 persent maar soos die meeste van die sogenaamde polisiestatistiek 'n onderbeklemtoning is van wat werklik daar gebeur. Waarom sal 'n organisasie wat self die hoogste misdaadsyfer in die land het ander misdadigers aankeer?