SWART GEWELD EN GRONDGRYP

Dit is nie die idee om heeldag wolf-wolf te skreeu nie. Mense raak daardeur afgestomp en glo dit later nie meer nie. Maar dat ons moontlik binnekort ‘n Rwanda-situasie in die gesig staar is nie verregaande nie.

DIE ANC se nasionale beleidskonferensie begin op 16 Desember in Bloemfontein en by daardie geleentheid word ‘n nuwe leier aangewys. Dit is ‘n datum én ‘n plek gelaai met geskiedenis - dit was vanjaar presies ‘n eeu gelede dat die ANC in Bloemfontein gestig is “om swart Afrikane te verenig in die stryd vir fundamentele politieke, maatskaplike en ekonomiese verandering".

In ‘n toespraak wat Emily Hobhouse geskryf het vir die bekendstelling van die Vrouemonument in Bloemfontein op 16 Desember 1913 het sy o.a. gesê: “Die Griekse wysgere het gesê totdat ‘n man nie mag verkry nie, weet hy nie wat in hom steek nie.”  Vandag weet ons almal dat Zuma en sy ANC vir ons nog net perdekuttels voorgesit het. Vier jaar gelede het hy ook op 16 Desember in Diepsloot gesê hy gaan nog die slagting van 1838 by Bloedrivier wreek. En sy vertrouelinge sê hy sal hierdie 16 Desember “doodmaak” as hy nie weer as leier gekies word nie, want as dit gebeur, is hy onder andere bevrees hy verloor hy sy parlementêre privilegie en kan hy weens sy aandeel aan die wapenskandaal vervolg word.

Die ANC-regime gaan nou Suid-Afrika se “Bilaterale Beleggingsooreenkoms” met die Europese Unie kanselleer – dit beëindig die laaste waarborg dat daar nie privaatmaatskappye genasionaliseer sal word nie. Daarna is die deur wawyd oop vir beslaglegging op elke soort eiendom in blankes se besit. Hierdie versekering het Ronald Lamola, adjunkpres. van die ANC-jeugliga, aan Suid-Afrika se swart jeug gegee — en voorspel dat soortgelyke gebeure wat in die laat-negentigs in Zimbabwe afgespeel het, hier verwag moet word:

Dit was eers ná kragdadige massa-optrede deur die mense van Zimbabwe dat Zanu-PF begin het om eiendomme oor te neem. Dit lyk of dit dieselfde hier gaan wees.”

Lamola het by ‘n beleidskonferensie van die Jeugliga in Centurion, Pretoria, gepraat. Lamola het gesê die enigste manier om ekonomiese ongelykheid reg te stel is om artikel 25 van die Grondwet te verander. Artikel 25 hou verband met eiendomsreg en stel voorwaardes vir die ontneming van enige soort eiendom. “Artikel 25 se dae is getel,” het hy onder groot gejuig uitgeroep. Alles in aanmerking geneem, is nasionalisering ons voorland.

Marikana was klaarblyklik ‘n “toetsloop” vir Julius Malema, wat in samewerking met die Britse Geheime Diens, die pad moes oopmaak vir die stigting van sy eie politieke party (waarskynlik vroeg in 2013). Maar tydens die staking het Cyril Ramaphosa en sy swart mafia se verkullery van werkers aan die lig gekom. Ramaphosa is ‘n nie-uitvoerende direkteur van Lonmin wie se Shanduka-groep 9 persent van die maatskappy besit; en daar is beweer dat hy die werkers net R4 000 betaal het van die sowat R12 000 wat hulle moes kry. ‘n Woedende Ramaphosa het die stakers as kriminele uitgekryt en om 2.58 nm. op 15 Augustus 2012 het hy in ‘n e-pos gevra dat daar genadeloos teen die “kriminele” opgetree moet word. En presies 24 uur later is 34 van stakende mynwerkers “genadeloos” deur die polisie doodgeskiet.

Om die aandag van die gebeure by Marikana af te trek, het die swart mafia besluit om ‘n “toetsloop-staking” vir plaaswerkers in die Wes-Kaap te reël om hulle in oefening te kry vir wat later beplan word. Volgens die vlieënier se bron het die Wes-Kaapse “toetsloop” bo verwagting goed afgeloop, en verwag hulle veel, veel gunstiger resultate wanneer die “groot landswye stakings” op 4 Desember voortgesit word.

Die onrus in die Wes-Kaap het vinnig versprei van De Doorns na Ceres, Robertson, Riebeek Kasteel en Somerset-Wes. Die polisie was egter hoofsaaklik betrokke by die meer ernstiger areas soos De Doorns, Ceres, Robertson, Prins Albert Hamlet en Somerset Wes. Eiendomme is aan die brand gesteek en swartes het begin om versperrings op te rig in die paaie met brandende buitebande. Voertuie wat plaaswerkers wou oplaai, is met klippe bestook en volgens inligting wat Nuus24 ontvang het blyk dit dat busse vol swartes in verskeie dorpe afgelaai is wat glad nie plaaswerkers is nie. Die onrus het byna oornag ook na Swellendam uitgebrei en boere is daar bymekkaar geroep na die skougronde en aangeraai om wapens saam te bring. Die N2 aan albei kante van Swellendam was ook gesluit. Druiwe-arbeiders het in die heksrivier vallei vir meer as ‘n week betoog oor hulle 'karige' lone. Meeste se inkomste is glo tussen R69 en R75. Die grootste aanbod deur die Boere is blykbaar sowat R80 maar daar word geen woord gerep van hulle gratis behuising en voedseltoelaes nie. Toe die “stakings” beëindig is, was reeds sowat 16 dorpe in die provinsie geaffekteer. Daar was van oral berigte dat daar binne enkele dae nie meer melk, brood en selfs mieliemeel in winkels beskikbaar was nie. Brandstoftekorte is ook ondervind.

Ons moet almal deeglik daarmee rekening hou. Selfs die Amerikaners sien dit kom maar hier sit die oorgrote meerderheid en sluit hulle oë vir die werklikheid - die voorspelling dat hierdie dinge soos 'n skelm in die nag op ons sal afkom, is besig om in vervulling te gaan (Siener van Rensburg).

Beskerm uself en u gesin, en moet om hemelsnaam nie u vuurwapens inhandig nie en sorg ook dat u die maksimum wettige aantal ammunisie beskikbaar het. En skakel waar moontlik in by u plaaslike beveiligingsaksies.