ZUMA SE ANGSRIEL... EN SLUIT JOU DEURE

KORTNUUS

Zuma het die afgelope naweek busse vol familie en vriende – dit sluit geen ANC-leier in nie... - aangery na sy kasteel in Nkandla waar hy hulle op 12 geslagte beeste en tonne 'tradisionele' bier onthaal het. Nie dat die rumoer hier begin het nie maar het hier geëindig in 'n groot makietie met die Angsriel tot die voorvadergeeste (of was dit nou die Dronkriel, daar is tog soveel danse) wat vir Zuma moet beveilig teen sy eie kollegas in die ANC en ander opponente wat hom wil onttroon in die volgende presidensiële verkiesingsirkus. Maar dit klink nie of die klomp aanbidders veel geloof in hulle gode het nie want die spies is seremonieel aan hom oorhandig met die opdrag om eiehandig sy ANC-opponente mee dood te maak. Hou gerus die verloop van die ANC-vergadering Desember in Bloemfontein dop. En sluit jou deure. En jou vensters...