Mediaverklaring
Die Herstigte Nasionale Party
Stakings is deel van ‘n groeiende rewolusie
Die uitlating van die ANC-staatshoof, Jacob Zuma, dat stakings die kenmerk is van ‘n demokrasie, verraai baie meer as net die die absolute geklikheid van dié stelling.
Vernietiging van eiendom, die plundering van plase, woonhuise en besighede en die chaos in die mynbedryf is tekenend van ‘n toenemende rewolusie. In demokratiese lande is daar wet en orde en word die eiendom van die landsburgers beskerm. Om wet en orde te handhaaf, is per slot van sake die eerste en primêre verantwoordelikheid van enige regering, veral in ‘n demokrasie.
Die bestel in Suid-Afrika is geen demokrasie nie. Dit waarna die HNP streef, is ’n volksdemokrasie waar elke volk oor homself regeer. Toe die Blankes Suid-Afrika regeer het, en veral tydens die bewindstermyn van dr HF Verwoerd onder die beleid van afsonderlike ontwikkeling, het hierdie land nie stakings geken nie. Daar was nie swart vakbonde nie, wat die bewys is wie die oorsaak is van die onluste en die aanhitsing tot geweld wat ons nou ervaar. Die huidige stakings en geweld bevestig die korrektheid en insig van verantwoordelike regering in die apartheidsjare. Toe was die groeikoers 6% en inflasie 2%
Wat nou in Suid-Afrika gebeur, is ’n versnelde toename van die rewolusie wat gebou word op leuens dat dié land van die swart massas gesteel is en daarom met geweld van die Witman gevat moet word.
Uit Zuma se stelling dat dit normaal is, kan die afleiding gemaak word dat hy die rewolusie goedkeur of selfs dat die toename in geweld dalk in sekere belangrike kringe beplan word.
Zuma en sy regime het die verantwoordelikheid om wet en orde te handhaaf. Indien dit gedoen kan word, sal beleggers dit weer oorweeg om in Suid-Afrika te belê. Indien dit nie gedoen word nie, is die ANC-regime klaarblyklik nie in staat om die land “demokraties” te regeer nie of wil hulle dit nie doen nie om ’n bepaalde verskuilde politieke agenda.