MEDIAVERKLARING - TLU SA
TLU SA is van mening dat dit onredelik van die regering is om nou die private sektor te nader vir hulp aan die oorstroomde gebiede.
Die private sektor dra genoeg by deur die belastings en heffings wat hy betaal. Die staat het ‘n verpligting om voorsiening te maak vir sodanige noodgevalle. Situasies soos hierdie is nie uniek aan Suid-Afrika nie, en net soos daar vyftig- en honderdjaar vloedlyne is waaraan inwoners gehoor behoort te gee, behoort die regering ‘n soortgelyke vyftig- en honderdjaar noodfonds te hê vir sodanige gebeurlikhede.
“Die staat het jare gelede al besluit dat die riviere sy eiendom is, en waar daar al hoe meer vrae ontstaan oor sy beheer van die vloede, ontstaan die vermoede ook dat hy dus aanspreeklik moet wees vir “sy” water wat die skade verrig het.
Baie van die skade is ook aangerig omdat mense hulle nie steur aan die vloedlyne nie, en die staat wat van sy kant nie toegesien het dat daardie vloedlyne gerespekteer word nie. “Daarom rus die plig op die staat om bystand te verleen, en nie by die hoog belaste private sektor nie,” is die mening van mnr. Louis Meintjes, Adjunk-President van TLU SA.