Mediaverklaring
Herstigte Nasionale Party
Wie se skuld? Apartheid: Nee! ANC: Ja
Die ANC-staatshoof se soveelste aanval op apartheid is net nog ‘n sadistiese haat teen die Witman van Suid-Afrika.
Zuma se uitspraak dat apartheid steeds te blameer is vir wat nou in Suid-Afrika gebeur, is om van naar te word.
Eerstens moet duidelik gedefinieer word dat apartheid reeds na die moord op dr Verwoerd in 1966 stelselmatig deur die Nasionale Party van mnr John Vorster afgebreek is. Die era van apartheid was dus tydens die roemryke bewindsjare van wyle dr HF Verwoerd.
Dit was gekenmerk met uitermate groot sukses. Suid-Afrika was onder die top tien Westerse lande op ekonomiese gebied. Daar was wet en orde vir al Suid-Afrika se mense. Suid-Afrika het die sterkste weermag op die Afrika-kontinent gehad. Die land was onaantasbaar. Die Rand Daily Mail het geskryf: Verwoerd can snap his fingers at the United Nations.
Almal kon in vrede leef. Plaasmoorde het nie plaasgevind nie. Werkloosheid het nie bestaan nie en 74% van nuwe arbeid kon in die formele sektor geakkommodeer word. Die woord korrupsie was nie in regeringskringe geken nie.
Daardie ekonomiese sukses van die blanke regering het in die jare daarna oorgespoel selfs tot nadat die ANC onwettig die politieke mag gekry het.
Dit wat nou in Suid-Afrika gebeur, moet ten volle aan die ANC se onbevoegde vermoë om te regeer, toegeskryf word. Die mislukte ekonomie, hoë brandstofpryse, vernietiging van die landbou, korrupsie, onbevoegde staatsdiens, ineenstorting van semi-staat ondernemings soos Eskom, ongekende moorde, ens. kan net aan die regering van die dag toegeskryf word. Daardie regering in Suid-Afrika is tans die ANC.
Meeste mense in Suid-Afrika verlang terug na die sukses en voorspoed van apartheid.