DIE ONDERGANG ONDER ANC
Die sogenaamde swaarkrydae in die Apartheidsjare was 'n partytjie in vergelyking met wat in ons land gebeur het sedert 1994 toe die verraderlike De Klerk ons land vir sowat 45 miljoen sikkels silwer in sy sak aan die ANC gegee het. Kyk na hierdie grafieke, die eerste een wat die petrolprysstyging sedert 1994 aandui, en die tweede grafiek wat aandui hoeveel meer geld die Reserwe Bank sedert 1994 in omloop geplaas het - 'n bitter vals beeld van die ware toestand in Suid-Afrika.

Die Reserwe Bank het sedert 1994 die hoeveelheid geld in omloop met meer as 1 000% vermeerder. Dis amper 'n wonderwerk dat die pryse nie nog meer gestyg het nie maar sodra die buitelandse beleggers ophou om in Suid-Afrika te belĂȘ, iets wat besig is om te gebeur, sal die inflasiesyfer die hoogte inskiet en sal ons 'n prysontploffing op alle produkte sien wat die hare sal laat rys.
