HET U NOODPLANNE AS MANDELA STERF?

Kriewelkop

Dat Mandela sekerlik net 'n bepaalde aantal lewensjare soos alle ander lewende wesens het is tog 'n feit. Dat min mense 95 jaar oud word is ook 'n feit. Dat dit tans baie sleg met hom in die Harthospitaal gaan is nog 'n feit. Wat egter onseker is, is of die mense in hierdie land voorbereid is vir die omvang van gebeure indien hy te sterwe kom. Dat daar groot ontwrigting kan wees is 'n omvattende saak wat dringende aandag vra. Daar is talle aspekte waaroor u sal moet besin. In hierdie beriggie word egter net die finansiële sy van die saak aangeraak:

Daar doen gerugte die rondte dat daar weer 'n nooddireksievergadering in een van ons land se grootste banke gehou is in opdrag van sy swart direkteur, sodat planne bespreek kon word om die noodwendige noodsituasie wat landswyd sal ontvlam wanneer Mandela sterf, te probeer hanteer. Hy het sy mede-direkteure klaarblyklik in alle erns meegedeel dat hierdie waarskuwing van die ANC-regime self kom, en as daar nie betyds haalbare planne in plek kom nie, húlle bank – en sekerlik alle banke – hulle deure sal moet sluit gedurende die tyd wat die land onregeerbaar gemaak word deur Mandela se miljoene roubeklaers wat selfs van ander lande sal kom. Gedurende die slepende tyd van roubeklaag en begrafnis - die hemele alleen weet hoe lank dit mag duur - sal daar eerstens glo uit 'eerbetoon' geen banksake gedoen word nie, maar die waarheid is dat hulle besef geen swarte sal vir werk aanmeld gedurende daardie tyd nie.

Tydens die vergadering is daar toe eerstens voorgestel dat Indiërs as kernpersoneel gewerf moet word om noodsaaklike bankdienste te verrig. Of die Indiërdroom sal kan realiseer is oop vir debattering; soos ons die Indiërs ken is dit nou nie juis die dapperste volk nie, vergeet maar om húlle in die banke te sien tydens swart massas-oproere – onthou hoe hulle destyds in Natal gevlug het en by hordes afgemaai is toe die Zoeloes beserk geraak het?

Tweedens is dit ook uitgestip dat direksielede nie gedurende hierdie tyd beskikbaar sal wees nie aangesien hulle na plekke van veiligheid gaan 'verskuif' – kom ons noem dit sommer by die naam: ordentlike wegkruipplek soek uit vrees vir die groot oproer wat te wagte is.

Derdens het al die personeel wat hiervan kennis geneem het ook besluit om vir die duur van Mandela se rou- en begrafnistyd verlof te neem. So, die bankdeure bly toe.

Het u 'n rugsteunplan vir hierdie probleem?