'SAP-GEENDIENS' IN BEELD

GEEN DOEKIES MEER...

Die Suid-Afrikaanse Polisie het verlede week in die media weer deurgeloop as die grootste misdaadorganisasie in die land. Hulle kriminele rekords oortref die spul agter tralies by verre. En by aanskoue van die lede in uniform, is dit duidelik waarom daar nie in polisiekantore telefone beantwoord word wanneer die publiek hulle nodig het nie – hulle is besig met drie belangriker aktiwiteite.  Dit verklaar wat hulle in die dag tydens werksure doen. Dalk beantwoord dit die vraag wat hulle dan in die nag doen, menende, as hierdie dan nie hulle kriminele dade is nie..